Hoe meer ek word wat ek reeds in Jesus is, hoe minder belangrik word dit vir my dat ander hoef te weet wie ek is. Innerlike krag wys baie meer en beter as uiterlike vertoon.
Month: September 2021
Geweekte harte!
In my wegkyk van my kleine wêreldjie, begin ek soveel mense en dinge sien wat soveel groter is as ek. Kyk ek dan na God, dan soek ek parkeer-plek
‘N NUWE KLEREKAS!
Die vere maak nie die voël nie! Net so min maak die klere die winkelpop. God het ons "nuwe" lewe kom aanbied met Sy nuwe "ontwerpers-reeks" klere vir die hart. Shalom LEEF TEVREDE EN VANUIT GOD SE OORVLOED DIE WEEK.
DEEL JY OF VERDEEL JY?
Begin by die begin en eindig by dit waaroor alles gaan, "Het jy liefde geleef?" In die doen daarvan begin ons verstaan waaroor die lewe eindlik gaan.
OOP HARTE-HUIS GORDYNE!
Alles lyk anders in die Lig. Selfs die ou bang-spoke van die donkerte begin dan verdwyn. Laat die Gees toe om ook die gordyne van jou harte-huis oop te trek.
GOD IS GROTER!
Jy kan God nie vir 'n "ride" vat nie. Hy weet van alles en is in beheer van alles. Hoe meer ons in afhanklikheid van Hom leef, hoe minder sal ons vrees en hoe wakkerder sal ons leef.
MAAK REG! HIER KOM ‘N DING!
Hoe meer ons op God se plan begin fokus, hoe minder sal ons ge"stress" word deur al die doemprofete en klein dingetjies wat niks saak maak in die lewe en vir God nie.
GETROUHEID IN DIE KLEIN DINGETJIES.
Hoe meer ek begin doen wat ek belowe en waarvoor ek "commit" Hoe meer begin mense weet dat hulle my kan vertrou.
TREK DIE SPYKERS UIT!
Raak ontslae van die spyker-stelers en begin beleef wat dit beteken om met styf gepompte goedheid's wieletjies te kan leef.
GOEDHEID IS GOD SE BOEMERANG.
Jy is God se geskenk aan hierdie wêreld om die verskil te wees en te maak wat net jy kan! Wees en doen dit en word verras!